JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2022-03-24
Kwikwap Webwerf en Facebook bemarking vir beginners


Ek deel graag vanoggend se epos aan 'n webwerf kliënt van Kwikwap. Die kliënt kry nie die resultate wat hulle graag wil hê nie en het navraag gedoen oor Facebook bemarking as alternatief. Ek kon die kliënt oorreed om hulle webwerf te behou en probeer hulle help om hulle webwerf te verbeter. Niemand betaal vir my, my tyd om sulke lang eposse of blogs te skryf nie maar kliënte is meer gerus indien hulle weet wat hulle te doen staan en bly langer kliënte. Hierdie blogs kan oor die lang termyn dalk verskyn in Google se indeks en dalk vir my besigheid inbring. Ek kan ook geleerd of slim voorkom op Facebook en die blog is iets om daar te deel. Vra jouself as ek dit doen moet jy dit nie dalk doen nie?

Ek sien jou webwerf is weer aangeskakel. Namens Kwikwap dankie vir die 3 maande se hosting fooie. Daardie fooie is vir die mense by Kwikwap om die sagteware wat jou webwerf aanlyn hou, in stand te hou. Die sagteware word ook deurlopend verbeter sonder enige verdere kostes aan jouself. Dit sluit ook die hosting van jou epos adres in. Toets asseblief of julle die eposse na info@joudomein.co.za kry. Dit is die epos wat op die webwerf verskyn.
 
Ek wil met hierdie volledige epos verseker dat ons almal op dieselfde bladsy is oor omtrent wat nodig is om jou webwerf / jou besigheid suksesvol te bemark. Ek word nie betaal om die opstel te skryf nie maar ek doen dit omrede ek wil hê dat jy moet weet wat jy moet doen om sukseslvol op die internet te wees.
 
Daar is sekere gratis dinge wat jy kan doen om jou webwerf te verbeter en dan is daar dinge wat jy kan doen wat jou nie tyd nie maar fisiese geld gaan kos.
 
Ek is nou al 14 jaar betrokke met Kwikwap en die eienaar van meer as 10 webwerwe. Ek het al met baie webwerwe probeer geld maak. Sommiges meer suksesvol as ander. In die laaste 14 jaar het dit moeiliker geword om gratis resultate te kry. Google vat die eerste 4 spasies vir advertensies waar hulle voorheen slegs die eerste 3 spasies geneem het. Google gee ook gereeld voorkeur vir hulle gratis "Google my business" - voorheen "Google maps" bladsye. Daarin is daar 'n geleentheid. Ek woon in Bettiesbaai maar my Google maps adres is steeds in Somerset Wes omrede daar baie meer besigheid in daardie area is. Jou Google maps adres kan vir jou besigheid inbring maar dit sal gewoonlik beperk wees tot jou onmiddelike area van besigheid.
 
Ander kostes wat jy kan aangaan:
 
Jy kan iemand betaal om Google AdWords namens jou te bestuur. Kwikwap se bestuursfooi van R500 per maand is baie goedkoop. Dit verg spesialis kennis en so 'n spesialis kan skaars meer as 'n uur spandeer per maand om daardie fooi te regverdig. Behlawe daardie fooi sal jy ook vir Google moet betaal om op een van eerste 4 plekke van Google te verskyn. 
 
Jou design kan verbeter. Die webwerf vertoon nie goed met die lang menu items nie. Daar is nie genoeg plek vir die lang beskrywings nie. Die about us kan dalk 'n bietjie meer persoonlik wees met 'n fotos van jouself en jou seun. Sommige mense wil sien met wie hulle besigheid doen. 'n Designer van Kwikwap werk teen R350 ph. Ek skat tussen 2-3 ure is nodig vir 'n goeie verbetering.
 
Jou webwerf se teks kan verbeter. Daar is spesifiek drie plekke waar jou webwerf se teks maklik verbeter kan word. Die eerste afdeling is jou Faq afdeling. Daar is slegs twee vrae en twee antwoorde. Tweedens kan jy van jou projekte wat jy gedoen is by jou foto gallery laai en 'n behoorlike beskrywing by elke projek voeg. Derdens wil ek steeds weet wat is die regte groot voordeel van light steel homes. Is dit 'n goedkoper opsie om te bou? Daardie NB info moet orals uitgebasuin word op jou webwerf. (As dit die geval is). Ek kan help teen R350 per uur maar slegs indien julle my help om die bedryf en die voordele van julle produks / diens beter te kan verstaan. Indien julle alles self kan skryf en vir my in Word stuur kan ek vir julle byvoorbeeld 6 blasye se teks laai teen R150 wat peaunuts is. Die eintlike geld is die tyd wat julle gaan spandeer om die teks te skryf. Kyk na ander webwerwe wat op bladsy 1 van Google verskyn. Kyk wat hulle doen. Vergeet van die prentjies maar kyk na die teks. Die webwerwe op bladsy 1 het altyd die beste teks.
 
Links na julle webwerf. Het julle vriende in die bedryf wat goeie webwerwe het? Miskien sal hulle na julle webwerf 'n skakel kan plaas. Google kyk na watter webwerwe skakels plaas na julle webwerf. Vriende sal dit dalk verniet vir julle doen. Ek het 'n webwerf waar julle 'n eenmalige fooi van R800 kan betaal vir 'n permanente skakel en mini webwerf advertensie. Die webwerf is www.marlothparkproperty.co.za. Mense wil geduring 'n goedkoop vakansie huis daar bou.
 
Facebook bemarking / advertensies is die eintlike rede hoekom julle my gister gekontak het. Gelukkig kon julle jul saak met Kwikwap regmaak en kon julle webwerf weer aangeskakel word. Julle moet asseblief eerste die R190 betaal alke maand. Dit is nie goed vir 'n webwerf om vir 'n tyd afgeskakel te wees nie..
Ek sien in Google search console dat julle sitemap vandag submit is. Ek het gekyk want ek wou dit doen maar ek sien kwikwap het reeds. Ons moes vir Google basies vertel " hallo ons is weer hier" Lees my webwerf asb en plaas my iewers in julle indeks. Deur die kwaliteit van julle webwerf se teks te verbeter tot van die beste kan julle redelik verwag om saam met die bestes op bladsy 1 van Google te verskyn na die betaalde advertensies.
 
Facebook bemarking kan baie effektief en goedkoop wees vir mense wie bekend is met Facebook. Dit raak vinnig baie duur met geen gewaarborgde resultate wanneer iemand anders dit namens julle moet doen. Jy gaan iemand betaal om jou besigheid te verteenwoordig. Ek byvoorbeeld is 'n rekenmeester en 'n web designer. Ek is 'n eenmansaak. Ek is maar net Francois Marais. So elke dan en wan deel ek met my amper 1000 vriende wat ek die laaste 14 jaar op Facebook gemaak het wat ek doen vir 'n lewe. So kry ek wel werk deur Facebook. Intussen deel ek fotos van die berge waar ek bly, steaks wat ek braai en sulke simpel dinge. Mense wat deelneem aan Facebook deel gewilliglik al hierdie persoonlike inligting. Facebook is dan die "big brother" wie weet wie like van steaks en berge. Mense wie steaks en berge "verkoop" se Facebook advertensies beland dan op my Newsfeed tot my irritasie. 
 
Mens kan ook groepe stig op Facebook en besigheidsblaaie skep. Ek het 'n Facebook bladsy en 'n Facebook groep vir www.marlothparkproperty.co.za. Die goed is seker al 8-10 jaar oud. Die R800'e is sakgeld wat ek nou en dan verdien. Ek wil dalk later 'n eindomsagent word in Marloth Park. Die webwerf en groep, bladsy sal my dan baie help. Dit het egter 8-10 jaar geneem en dalk is dit nog 8-10 jaar voor ek dit gaan doen.
 
Facebook is 'n plek waar mense gewone "verhoudings" aangaan. Ek praat van sakeverhoudings en vriendskappe en nie liefdesverhoudings nie. (Die goed gebeur ook daar.) Die verhoudings en vriendskappe is maar net aanlyn in 'n virtuele wêreld. Ek is net gister weer daar gekontak deur een van my ou Marloth Park webwerf kliente wie nou na Covid weer haar webwerf aangeskakel wil hê.
 
Ek is self daagliks aktief op facebook en kry dus in die natuurlike gang van sake besigheid daar. (Of it nou vir webwerwe is en of dit vir rekenmeesterswerk is.) Dit is net die baie groter besighede wat ander mense betaal om 'n besigheidsbladsy namens hulle te bestuur en dan soos Google AdWords Facebook advertensies te doen. Ek kan maklik ook van my plasings wat ek deel "promote". Dan vertoon Facebook jou plasings / stories / advertensies aan 'n baie spesifieke teikenmark wat jy kan kies. Jy kan kies getroud / ongetroud, ouderdomsgroepe, mense wat in sekere dinge belang stel ens.
 
Dit is baie moeilik om vir mense wie self nie op Facebook is nie te vertel waaroor dit gaan. Dit is nog moeiliker om iemand te help met bemarking op Facebook, wie nie self deelneem aan Facebook nie.
 
Laat weet asseblief indien julle die gelees het van julle plan van aksie of julle gedagtes en dan kyk ons hoe ons dit verder an neem.
 
Lekker dag.
 


Comments
Add Your Comment 
   

* Name:   
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer below: 1 x 4 + 3 = ?
Answer:
 
Please leave this box blank.
 
Back Back to top