JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2019-08-16
Goedkoop boekhouer tot op proefbalans


Is jy dalk op soek na 'n goedkoop boekhouer tot op proefbalans. Ek kan as 'n goedkoop boekhouer beskou word. Ek is tans besig om 'n maatskappy van Somerset Wes wie se boeke deurmekaar geraak as gevolg van brouery deur die vorige rekenmeester / boekhouer oor te doen vir amper 10 maande. Dus is daar baie roetine werk wat gedoen moet word. Wanneer ek roetine boekhouwerk soos datavaslegging doen en daar baie werk is om te doen is ek bereid om teen 'n baie goedkoop tarief daardie werk te doen.

Vir baie mense is sulke roetine boekhou werk sielsdodend maar ek beskou dit as 'n klein vakansie want terwyl jy die werk doen hoef mens nie vreeslik hard te dink nie. Mens moet wel konsentreer om te verseker dat die werk steeds akkuraat gedoen word.

Dus as daar 'n magdom transaksies is wat weer te boek gestel moet word kan ek 'n baie goedkoop of bekostigbare tarief vir die boekhoudienste aanbied.Die werk word deur myself gedoen en ek werk van die huis af so daarom kan ek hierdie goedkoop boekhoudienste aanbied. Meeste dinge in die lewe word bepaal deur vraag en aanbod. Ek kan wel nie die hele maand sit en teen hierdie goedkoop tarief sit en boekhouwerk doen nie.

Ander maniere hoe ek goedkoper boekhoudienste probeer lewer is om byvoorbeeld die werk elke twee maande of elke ses maande te doen. Ek is ook bereid om opleiidng te gee sodat besigheidseienaars self die roetine inskrywings kan doen. Om die werk uit te kontrakteer bly 'n luukse maar soms is dit 'n goeie belegging want dit stel die besigheidseienaar in staat om te fokus op ander belangriker dinge in die besigheid soos produksie of kliënte diens.



Comments
Add Your Comment 
   

* Name:   
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer below: 1 x 4 + 1 = ?
Answer:
 
Please leave this box blank.
 
Back Back to top