JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Ek help mense om akkommodasie in die Helderberg (Strand, Somerset Wes en Gordonsbaai) te bemark op verskeie maniere:

Advertensie op die webwerf www.helderbergvakansies.co.za

Teen R199 per jaar of R900 vir 5 jaar kan u 'n mini webwerf op hierdie Afrikaanse vakansiewebwerf kry. (Onder die afdeling Vakansie akkommodasie)

Die webwerf het reeds begin verskyn tussen die soekresultate van soekenjins soos Google.

Deur die prys van ons advertensies so goedkoop moontlik te hou glo ons sal ons die nodige getalle kry om te kan kompeteer met die groot toerisme webwerwe wat akkommodasie in Afrikaans aanbied op die net.

Facebook bemarking

Ons bemark ook ons webwerf wanneer mense na vakansieverblyf soek op Facebook.

Webwerwe

Ons bou ook webwerwe vir eienaars van vakansie akkommodasie.

Sien byvoorbeeld die webwerf vir Le Bay Lodge in Gordonsbaai wat deur ons gebou is.

Die gemiddelde fooi is R2,500 vir die ontwerp van die webwerf. Nuwe domein registrasies is R200 en die maandelikse hosting is R165.

Ons webwerf kliënte kwalifiseer vir 'n gratis advertensie op die webwerf www.helderbergvakansies.co.za

 

 

Back Back to top