JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Ek help ambagsmanne van die Helderberg om hulle dienste te bemark. (Engelse woord is Tradesmen). Die behoefte bestaan want baie ambagsmanne het nie hul eie webwerwe en nie altyd die tyd om een te skep, of dalk is ambagsmanne onder die indruk dat hulle dit nie kan bekostig nie. Die webwerf van een ambagsman na die ander of dit nou 'n verwer, loodgieter of elektrisien is bevat ook meesal dieselfde inhoud wat dit moeilik maak om alleen deur soekenjins soos Google bemarking te doen. 'n Mens moet by ander plekke ook adverteer.

Ek doen dit op die volgende maniere:

Klein besigheids webwerf - effektiewe webwerwe

http://www.buddywebdesign.co.za

Vir tussen R2,500 en R4,000 ontwerp ek vir ambagsmanne 'n volledige webwerf . Die prys sluit in opleiding sodat die ambagsman sy webwerf self kan opdateeer. 'n Ambagsman sal tipies nuwe verwysings wil byvoeg, die laaste voorbeelde van werk gedoen, dalk 'n nuwe produk of diens. Dit is lekker en effektief as die eienaar van 'n klein besigheid self sy webwerf kan opdateer.

Ander kostes is : Maandelikse hosting R165 . Nuwe domein registrasie R200 of domein verskuiwing R150 en jaarliks hernu teen R150. Gekoppel aan VPI

Sien byvoorbeeld : http://www.tuarusstructures.co.za

Ons het honderde voorafontwerpte webwerwe wat vir jou 'n goeie idee behoort te gee van wat verwag kan word. Sien hier voorafontwerpte webwerwe .

Helderberg Ambagsmanne Gids

http://www.helderbergtradesmen.co.za

Ek help ambagsmanne om 'n mini webwerf op hierdie gids, gefokus op ambagsmanne van die Helderberg , te kry. Selfs ambagsmanne wat reeds 'n webwerf het kan voordeel trek uit hierdie ekstra bemarking. Goeie skakels na 'n webwerf help met soekenjinoptimisasie SEO. Die webwerf word ook op Facebook bemark soos mense vra na spesifieke ambagsmanne. Behalwe die mini webwerf word ambagsmanne in die spesifieke kategorie adverteer.

'n 5 Jaar advertensie kos slegs R900 ! Webwerf kliente kry hul advertensies gratis!

Facebook bemarking

Ek spandeer baie tyd op Facebook deur die dag terwyl die ambagsman dalk besig is om 'n dak te verf, gate te grawe ens en nie tyd het vir Facebook nie. Wanneer mense vra vir spesifieke ambagsmanne bemark ek my kliënte se webwerwe (Ek sluit ook my vrou / vennoot in Buddy Web Design in.) en of hulle advertensie op die Helderberg Tradesmen Directory. Dit doen ek verniet want ek kry ook soms blootstelling.

 

Back Back to top