JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Ek bemark akkommodasie in Komatipoort via my webwerf www.krugerwildtuin.co.za .

Die webwerf het ek reeds 10 jaar gelede begin.

Die webwerf fokus op verblyf binne sowel as buite die Krugerwildtuin. U kan soektogte doen soos Krugerwildtuin + Akkommodasie en u sal die webwerf daar vind.

Ek het nou ook 'n spesifieke afdeling vir Komatipoort geskep en bied 'n baie spesiale prys van R900 vir 'n 5 jaar advertensie aan.

Hier is die afdeling vir Komatipoort:

https://www.krugerwildtuin.co.za//a/25607/komatipoort-akkommodasie

Ek bied hierdie advertensies teen so 'n goeie prys aangesien ek al die werk self doen, tot die bemarking van die advertensie en nie groot oorhoofse kostes het nie. Soos baie mense het ek 'n diepe liefde vir die Krugerwildtuin en hoop ek om nog 10 jaar betrokke te wees met die webwerf. Die sukses van webwerwe soos Lekkeslaap het gelukkig reeds bewys dat daar 'n behoefte aan Afrikaans op die internet is.

Deur bekostigbaar te wees glo ek sal die meeste van die akkommodasie eienaars in Komatipoort my ondersteun wat op hul beurt hul die kans sal bied om direkte besprekings van die publiek te kry sonder duur tussengangers kommissie. Sodra daar genoeg adverteerders op die webwerf is sal die webwerf outomaties goed doen tydens internet soektogte met kern woorde soos Komatipoort + Akkommodasie.

Ek het reeds so bietjie oor Komatipoort en sy ryk geskiedenis geskryf. Komatipoort is stiller as die ander dorpies rondom die Krugerwildtuin. Veral die geskiedenis van Komatipoort tydens die Anglo boereoorlog fasineer my. Vir eers is die fokus om te skryf oor akkommodasie in Komatipoort want dit is wat die besigheid vir my adverteerders bring. Ek sal graag beter skryf oor Komatipoort en hoor graag van mense oor die dorpie se besienswaardighede.

Webwerf vir jou gastehuis of selfsorg huis

Vir 'n eenmalige fooi van R2,500 kan ons vir jou, jou eie webwerf ontwerp. Die domein registrasie kos R200 en word jaarliks hernu teen R150. Die maandelikse hosting / huur van sagteware kos R165 per maand. Jy kry 'n onbeperkte aantal bladsye. Wat dit nog meer gepas vir akkommodasie instellings maak is dat die webwerwe modules het vir besprekingsnavrae, sowel as aanlyn besprekingskalenders. U kan self direk betalings per kredietkaart ontvang deur derde party portale soos Payu, Payfast en Paypall. (Steeds is die koste R165 per maand. Ons kan die webwerf namens jou bestuur en opdateer of ons kan u oplei om self die webwerf se inhoud aan te pas. Opleiding geskied per Teamviewer. Die opleiding kos R250 per uur.  Meer inligting is beskikbaar op www.marlothparkproperty.co.za . Sien gerus die demo van die besprekingskalendar daar.

Back Back to top