JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Ek bemark Gastehuise,  Lodges en Selforg vakansie huise  in Suid-Afrika teen ’n 10% fooi per suksesvolle bespreking.

Ek hanteer nie die besoekers se geld nie maar stuur alle ernstige navrae aan die akkommodasie instellings self.

Hoe doen ek die bemarking?

SEO ( Google )

  • Inhoud op Toerisme webwerwe

Ek bedryf verskeie toerisme webwerwe in Suid-Afrika soos:

www.krugerwildtuin.co.za

www.simonstad.co.za

www.helderbergvakansies.co.za

www.marlothparkproperty.co.za

Ek skryf baie op hierdie webwerwe om meer gereeld deur soekenjins gevind te word maar ek bemark ook hierdie webwerwe op Facebook in spesifieke groepe en op spesifieke blaaie. Hierdie  webwerwe word in Afrikaans bedryf. Mens hoef nie verder te kyk as webwerwe soos Lekkerslaap om te besef dat mense in Afrikaans bedien wil word nie.

Alhoewel ek hierdie dienste lewer vir ‘n winsmotief is dit vir my ook belangrik dat Afrikaans bly voortbestaan as ‘n taal, nie net bestaan nie maar groei. Deur hierdie netwerke van Afrikaanse webwerwe uit te brei glo ek dat Afrikaans bevorder word.

Indien ‘n verwysing suksesvol bespreek en betaal stuur ek ‘n faktuur vir 10% van die totale besprekingsfooi. Tot dan dra ek alle kostes en risiko uit my eie sak.

Eie Afrikaanse Webwerf

Ek bou op eie onkoste ‘n volledige Afrikaanse webwerf met geskikte domein.

Sien byvoorbeeld:

www.marlothparkverblyf.co.za

www.pafuririvierkamp.co.za

Back Back to top