JOIN OUR MAILING LIST



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Francois en Melanie Marais van Bettiesbaai help mense van die Kleinmond, Bettiesbaai, Pringlebaai en Rooi Els omgewing nie net met webwerwe nie maar ook met Facebook en WhatsApp bemarking. Ons is reeds sedert 2008 betrokke met die bou van webwerwe deur die gebruikersvriendelike Kwikwap sagteware.

Ons webwerf ontwerp webblad is www.buddywebdesign.co.za . Ons gemiddelde prys vir 'n webwerf is R4,000 eenmalig, maandelikse hosting fooie wat die opdatering van webwerwe insluit is R190 p.m. Nuwe domein registrasies kos R200 wat jaarliks hernu word teen R160. Pryse is onderhewig aan inflasie aanpassings.

Die Kwikwap sagteware is:

Vinnig en maklik om te gebruik. U kan self die inhoud van die webwerf opdateer of ons kan dit vir u doen. Dit neem nie langer as 'n uur om die gemiddelde persoon te leer hoe om sy webwerf se inhoud self te bestuur nie. Melanie doen gevorderde grafiese werk met haar kuns agtergrond terwyl Francois met sy rekenmeesters agtergrond help dat SEO doelwitte behaal word. Dit is nog nie te moeilik om goed te doen in die plaaslike omgewing vir die meeste besighede nie aangesien die kompetisie nie so strem is nie. Soos die omgewing uitbrei kan dit egter verander. Ons sal jou help om op bladsy 1 van Google te kom en te bly.

Ons help ons plaaslike kliënte ook met bemarking namens hulle op plaaslike besigheid's WhatsApp groepe sowel as Faceboek groepe. Ons is deel van hierdie groepe en spandeer daagliks tyd daar want ons kry ook werk daar. Ons bou al vir 14 jaar webwerwe vir mense regoor Suid-Afrika maar bied slegs hierdie volledige bemarkingsdiens in die omgewing van Kleinmond Bettiesbaai Pringlebaai en Rooiels.

Ons weet uit ondervinding hoe besig die plaaslike loodgieter of elektrisiën is en nie tyd het om soos ons op Facebook te wees nie. Ons vul daardie gaping vir ons uitsoek kliënte. Ons kan slegs een elektrisiën, loodgieter, verwer ens. in ons omgewing help met die ekstra bemarkingsdienste.

 

Back Back to top